Local newsNews

Mooiheid kom van binne

Volgens Bianca is die doel van hierdie kompetisie dat tieners ’n pad saam die Here stap en as mense sterker word.

Dal Fouché inwoner en wenner van die 2014 Lady Gracious kompetisie, Bianca Birnie (34), maak gereed om die Lady Gracious kroon aan ’n volgende skoonheid te oorhandig.

“Lady Gracious is ses jaar gelede deur Suret Ströh begin en is nie net ’n skoonheidskompetisie nie. Dit gaan oor hoe mooi jy aan die binnekant is en oor hoe jou hart is,” vertel sy.

Volgens Bianca is die doel van hierdie kompetisie dat tieners ’n pad saam die Here stap en as mense sterker word.

“Ek het laas jaar ingeskryf en dit het my lewe heeltemal verander.”

Courteney Abrie (15) van Selcourt is een van agt finaliste in vanjaar se Lady Gracious Teens kompetisie.

Courteney verduidelik dat sy in die begin van die jaar by haar vriendin gehoor het van die kompetisie en besluit het om in te skryf.

“Ek het op daardie stadium deur ’n moeilike tyd in my lewe gegaan en ek het geweet hierdie gaan net goed wees vir my. Ek wil al die meisies in kennis stel dat jy nie hoef te wees hoe die seuns op skool jou sien nie, maar hoe die Here jou sien en dat jy perfek is vir Hom,” sê sy.

Vir Courteney het die Lady Gracious kompetisie haar hele lewe verander en ’n astronomiese impak op haar lewe gehad.

Related Articles

Back to top button