Local newsNews

Springs seun sing saam met Gerhard Steyn

Springs sang sensasie, Johnny Lochner (12), se duet met die populêre Gerhard Steyn, is onlangs vrygestel op die nuwe Bok Koors album.

Gerhard het te hore gekom van Springs se wonderkind en die Lochner gesin uitgeneem vir ete.

Tydens hierdie ete het Gerhard vir Johnny gevra of hy graag saam met hom ’n lied op dié album wou sing.

Die sang paar het toe later die liedjie, uit Gerhard se eie pen, opgeneem.

“Gerhard het laat weet die lied is op die alum en toe dit op die rakke uitkom, het ek sommer ’n klomp gaan koop,” spog Gerhard se ma, Carol Lochner (51).

Carol het gesukkel om swanger te word, maar met haar laaste poging het sy nie moed opgegee nie en nege maande later is Johnny gebore.

“Hy is my wonderkind en hy het so baie talent, hy bly net besig. Johnny het al begin sing toe hy vyf was.”

Johnny vertel hoe hy nie net sing nie, maar ook aan drama en gimnastiek deel neem. “Maar ek fokus meer op sing,” sê hy.

Johnny het al drie keer in Amerika aan die wêreldwye sang kompetisie, American Talent Competition, deel gaan neem en in 2014 tweede geplaas in sy groep.

Spring se jong ster neem volgende aan die Suid-Afrikaanse Talent Kompetisie in Midrand deel.

 

Related Articles

Back to top button