LettersOpinion

Soveel dankies

Die inwoners van Presidentia voel bevoorreg om soveel mense te bedank vir hul goedhartigheid, hulp en donasies.

Springs Binnelandse sake het goeie diens met deernis gelewer toe die inwoners aansoek gedoen het vir die nuwe ID kaart wat hulle ook binnekort gaan ontvang.

Die donasie van I&J was ook baie welkom.

Laastens was Hoƫrskool Hugenote se revue puik. Hul bussie het die seniors kom oplaai by Presidentia en hulle weer kom aflaai.

Die skoliere het die oumense met soveel liefde en deernis behandel en gehelp oor die straat.

Ons is bevoorreg om raakgesien te word.

Dankie aan ieder en elk, julle is in ons gebede.

Petra Verwey en inwoners

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button