FeaturesRBC: Local “Boks”Rugby World Cup 2015 Feature

Groot en klein geniet rugby

Hoërskool Hugenote se eerstespan rugbyspelers het Vrydag uitgereik na die graad eens van Laerskool Christiaan Beyers en die klein bulletjies gehelp met rugby tegnieke.

Die jong rugbyspelertjies was gretig om meer te leer oor rugby sowel as om touwys gemaak te word deur die groter bulle.

38 sr Rug1 ivh (Custom)

Bal vaardigheid, waar die bal heen en weer gegooi word terwyl die spelers vorentoe beweeg en die bal agtertoe aangee, is geoefen deur albei groepe.

Jacques du Plessis, Hugies se rugby afrigter, vertel dat bal hantering een van die grootste probleme in skole rugby is.

“Deur spelers van jongs af te leer om die bal behoorlik te hanteer, is baie belangrik,” beklemtoon hy.

38 sr Rug1 ivh (3) (Custom)

Die afstamp deel van die oefensessie was groot pret vir die klein Chrissies.

Henlo Gouws (8) sê om die bal te kan hanteer en saam met die groot seuns te werk was baie lekker.

Vir Kyle de Klerk (7) was die bal hantering ook ’n hoogtepunt.

38 sr Rug1 ivh (2) (Custom)

“Ek weet nou wat om te doen wanneer die rugby seisoen weer begin,” sê hy.

Ryan Myburgh (8) het die afstamp deel en raak-rugby meer geniet. “Dit is baie lekker om rond te hardloop en ek het ook geleer waaroor spanwerk gaan.”

Die Hugie spelers was besonder gemaklik met die Chrissies spelers en het die uitreik terdeë geniet.

Twee gemengde spanne het teen mekaar meegeding in ’n raak-rugby spel.

Rudi de Beer (17) sê dit is belangrik om van kleins bal vaardigheid aan te leer, hoe om die bal te verwissel en opponente weg te stamp.

“Dit is fantasties om kennis oor te dra aan die jonger spelers en om te sien hoe hulle dit geniet,” verduidelik Dian de Beer (17).

38 sr Rug1 ivh (4) (Custom)

Vir Gustav Britz (19) het hierdie selfde oefening as jong seun ’n groot invloed op sy lewe gehad.

Connect with us:

Have a story? Send Anna Robertson an email on annar@caxton.co.za or contact her on 011 812 4820.

Like our Facebook page and follow us on Twitter as well as our journalists @SpringsJournOne and @SpringsJournTwo.

For news straight to your phone, invite us on BBM – 7EFABEF1.

Related Articles

Back to top button