Local sportSport

Knap gedaan Lood

Springs inwoners is trots op Lood de Jager (21) wie Vrydagaand aangewys is as deel van die Springsbokspan vir die opkomende Rugby Wêreldbeker.

Die toernooi vind in Engeland van 18 September tot 31 Oktober plaas.

Lood het sy matriekjaar by Hoërskool Hugenote in 2010 voltooi en alreeds op skool sy staal op die rugbyveld getoon.

Sy destydse afrigter, Jacques du Plessis, sê dit is wonderlike nuus om Lood as deel van die Springsbokspan te sien.

“Dit verg absolute deursettingsvermoë om te kom waar hy is,” sê Jacques. Hy verwys na Lood as ’n Springs ‘boytjie’.

Lood is die derde Springbok wat Hoërskool Hugenote oplewer sedert 1995. Voormalige Hugies wat die Sprinbokspan gehaal het was Chris Rossouw en Japie Mulder.

Jacques vertel dat hy Lood Sondagoggend gekontak het om hom geluk te wens.

“Met sy besige skedule was die oproep kort,” sê Jacques, “maar hy het gesê die gelukwensing beteken baie vir hom”.

Frans Styger, hoof van Hoërskool Hugenote, sê om te dink Lood het nooit eers die Cravenweek gehaal op skool nie, maar selfs dit het hom nooit ontmoedig nie.

“Ons is erg trots op hom, want dit verg harde werk en deursettingsvermoë om sukses te bring,” sê hy.

Die Addie het probeer om Lood te kontak, maar as gevolg van die Springbokke se druk besige program, het hy nie die foon beantwoord nie.

Related Articles

Back to top button