Local sportSport

o-21 Valke Perigrene Liga kampioene

Springs rugbyklub se o-21 span het die Valke Perigrene Liga gewen deur Brakpan 35-34 in die finaal te klop op Barnard Stadion in Kemptonpark.

Hierdie oorwinning het Springs eerste op die telbord geplaas na ’n dubbel rondte rugby wat gespeel is teen vier Valke en twee Luiperd klubs.

Springs het verlede Saterdag teen die o-21 Boksburg span gespeel en oortuigend gewen met ’n telling van 49-15.

Rudolph Cronje, voorsitter van die Springs Rugby Klub sê die o-21 span het van tevore die o-21 liga gewen, maar wat dit vanjaar so spesiaal maak is dat Springs se o-21 span ook die Assupol Liga vroeër in die jaar gewen het. Die Assupol Liga is ’n inter-provinsiale klub toernooi tussen die Luiperds, Pumas, Blou Bulle en die Valke.

Die twee afrigters Braam Booysen en Jason de Kock het die spelers by mekaar gehou en goeie afrigting en leiding gegee.

Rudolph sê hulle is dankbaar teenoor elke borg wat die seisoen moontlik gemaak het. Elke speler wat vir die klub speel, vanaf die o-21s tot by die eerste span se tyd, opoffering en deursettingsvermoë gedurende die seisoen is ’n riem onder die hart vir elke afrigter sowel as vir die klub.

Die eerste span het, onderleiding van Kobus van Rooyen, Jan Hamman en Jan Schoeman, ’n besonderse lang seisoen gehad waar hulle onder moelike omstandighede vir die Community Cup moes voorberei.

Die span het geoefen tot en met 28 November, 2014, en het weer op 6 Januarie begin voorberei vir die Community Cup.

Nadat die ligte van die Olimpia Park sportgronde, die gees gegee het in die eerste week van Januarie, was dit ’n rondval tussen skole wat die Springs Rugby Klub bygestaan het deur hulle toestemming te gee om op hulle sportgronde te kan oefen.

Die hoërskole wat betrokke was is Hoërskool Hugenote, Springs Boy’s High School en Hoër Tegniese Skool Springs.

Die tweedespan het ook tweede in die liga geeïndig.

“Ons is trots om die seisoen op so ’n hoë noot af te sluit,” sê Rudolph.

Related Articles

Back to top button