LettersOpinion

Dis ’n skande

Die opkoms tydens verlede naweek se pretloop, om gelde in te samel vir die Diere Beskermingsvereniging (DBV), was teleurstellend.

Nadat daar bykans 4000 pamflette gedruk is en die byeenkoms in die Addie, op Facebook en die plaaslike radiostasie adverteer is, was die opkoms steeds swak.

Toe ek en my gesin die oggend daar opdaag, was ons verslae om te sien dat daar net ’n paar groepies mense opgedaag het vir die aflos.

Ten spyte van die klein opkoms was die spangees aansteeklik en het die spanne nie toegelaat dat die swak teenwoordigheid hul pret bederf nie. Julle was awesome!

Daar was net vier mense, ek en my gesin, vir die pretloop – wat ’n skande!

Springs kan gou kla as daar nie genoeg gedoen word deur die DBV nie, maar word daar só ’n dag gereël om die organisasie finansieël te ondersteun, dan daag so min mense op.

Die kostes wat aangegaan is deur die stalletjies en almal betrokke moes ’n ongelooflike verlies gewees het.

Die pryse was fantasties en regtig die moeite werd om deel te neem.

Ek vra namens Springs om verskoning aan die DBV en aan die organiseerders vir die teleurstelling.

Aan Chantel en haar span, wat die organiseerders van die dag was, sê ek jammer vir die swak ondersteuning en terselfdertyd baie dankie vir jul moeite en goeie harte.

Aan die mense wat daar was baie dankie, julle het die dag gemaak.

Monica Bester

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button