Local sportSport

Jong boksers laat stof waai

Vegters het Saterdag bymekaar gekom by die Bert Collins Boksklub, in Springs.

Chrisjan du Preez (13), van diĆ© klub, het teen Mpho Dlova (13) geboks en met ‘n 2 – 1 beslissing gewen.

“Bert Collins het goed gedoen,” sĆŖ boksafrigter Jeanette Dyzel.

“Ons het Saterdag ‘n 50 persent wen gehad, en die vorige week het ons ‘n 80 persent wen gehad.”

Sy vertel dat hulle Saterdag ses boksers gehad ingeskryf het, waarvan drie gewen het en drie verloor het.

Sy spog ook dat hulle op 25 Julie vyf boksers gehad het, waaruit vier gewen het en een verloor het.

Die volgende toernooi by Bert Collins is op 15 Augustus, en al die Gauteng klubs word verplig om deel te neem, omdat dit ‘n ontwikkelingstoernooi is.

Die jongste boksers kan van die ouderdom van vyf jaar af aan skougevegte deel neem.

GeannƩ Dicks (13), ook van Bert Collins, sal Saterdag aan Gauteng uitdunne deelneem.

As sy daar deur is, gaan sy Gauteng by die ”SA Schoolboys and Girls Championships” verteenwoordig, van 4 tot 9 Oktober.

Jeannette vertel dat as GeannƩ deur is, sy die enigste bokser sal wees wat Ekurhuleni in hiƩrdie kampioenskappe gaan verteenwoordig.

 

Related Articles

Back to top button