Local newsNews

VLU vroue spog met pryse

Die Rosa Rosarum VLU oggendtak het Dinsdag hulle jaarlikse prysuitdelingsfunksie in die Rus ‘n Bietjie saal gehou. Die funksie het om 10vm begin en vyf lede het pryse ontvang het vir 100% bywoning. Die prysuitdeling is ‘n hoogtepunt in elke lid van die klub se lewe, want dit is hier waar hulle geloof word vir …

Die Rosa Rosarum VLU oggendtak het Dinsdag hulle jaarlikse prysuitdelingsfunksie in die Rus ‘n Bietjie saal gehou.

Die funksie het om 10vm begin en vyf lede het pryse ontvang het vir 100% bywoning.

Die prysuitdeling is ‘n hoogtepunt in elke lid van die klub se lewe, want dit is hier waar hulle geloof word vir hul harde werk gedurende die jaar.

Willemien de Wet het weggestap met die meeste pryse.

Sy is, onder andere, die Vonkel Vrou van die Jaar.

Saam met dié bevoorregte posisie het Willemien ook die pryse vir naaldwerk, kunsvlyt, landbou en die ope-afdeling ontvang.

Die gevorderde blomme prys is aan Rolina van Rensburg oorhandig, terwyl Rienie Meyer die beginner blomme-afdeling prys gewen het.

Die voorsitter Jackie Lavos vertel, dat Elaine Summerfield kan spog met die VLU knopie wat sy vir 30 jaar lidmaatskap ontvang het.

Die verrigtinge is afgesluit met gebak en heerlike sop, wat die dames kon geniet.

Connect with us:

Have a story? Send Anna Robertson an email on annar@caxton.co.za or contact her on 011 812 4820.

Like our Facebook page and follow us on Twitter as well as our journalists @SpringsJournOne and @SpringsJournTwo.

For news straight to your phone, invite us on BBM – 7EFABEF1.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button