Local newsNews

Onderwysers wat Afrikaans gee se belange word nou beskerm

Onderwysers wat Afrikaans gee gaan, danksy die stigting van 'n nuwe beroepsorganisasie, die toekoms tegemoet kan gaan.

Solidariteit Helpende Hand het onlangs die nuwe nasionale beroepsorganisasie, Genootskap vir Regte Afrikaanse Taalonderwysers (GeRAT), op die been gebring.
Dié is ‘n professionele organisasie wat na die belange van hierdie onderwysers sal omsien.
Dié naam het sy oorsprong by die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA), ‘n organisasie wat in 1875 gestig is en ‘n deurslaggewende rol in die vestiging van Afrikaans as selfstandige taal gespeel het.
GeRAT hoop om die vlam van taaltrots van die destydse GRA in die 21ste eeu onder Afrikaanse onderwysers, en dus ook Afrikaanse leerlinge, te laat brand.
Helpende Hand glo dat beter toegeruste onderwysers ‘n regstreekse invloed het op die gehalte van die onderwys wat kinders in die klaskamer ontvang.
Aangesien alle Afrikaanse kinders in Afrikaanse skole dié taal as moedertaalvak neem, is die moontlike invloed van verbeterde onderwys enorm.
Volgens Hugo Vermeulen, hoof van Helpende Hand se Skole-ondersteuningsentrum, is daar ‘n sterk verband tussen moedertaal en kultuur.
“Moedertaal vorm die hoeksteen van enige kultuur,” verduidelik hy.
”Die rol wat die taalonderwyser in die klas vertolk het ‘n groot invloed op die vestiging van kulturele waardes, en dit is juis hier waar ons aan onderwysers die nodige steun moet gee.”
Dit is reeds die tweede beroepsorganisasie wat vanuit Helpende Hand tot stand kom.
Die eerste beroepsorganisasie uit die Helpende Hand-stal is die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW), wat vier jaar gelede tot stand gekom het en reeds aan meer as 850 Afrikaanse Wiskunde-onderwysers advies en bystand deur middel van onder meer kongresse bied.
Die eerste GeRAT-kongres vind binnekort plaas en hoërskool onderwysers wat Afrikaans aanbied word aangemoedig om hierdie kongres by te woon.
Dit vind op 29 Junie plaas en word by die Buffelspoort ATKV-oord aangebied.

Tydens dié geleentheid sal daar onder meer ‘n praatjie deur dr Riens Vosloo, skrywer en kurrikulumkundige, aangebied word oor Onderwêreld, die 2016 voorgeskrewe roman vir Graad 12-leerlinge.
Besoek www.gerat.co.za vir meer inligting.

 

Connect with us:

Have a story? Send Izahn van Huyssteen an email on izahnv@caxton.co.za or contact her on 011 812 4828.

Like our Facebook page and follow us on Twitter as well as our journalists @SpringsJournOne and @SpringsJournTwo.

For news straight to your phone, invite us on BBM – 7EFABEF1.

Related Articles

Back to top button