Local newsNews

‘n Semifinalis in ‘Miss Earth’ kompetisie

'n Springs inwoner is een van die plaaslike semifinalste in die ''Miss Earth'' skoonheidskompetisie.

Allesandri Pereira (19) het groot geword in Springs en is tans ‘n tweedejaar student aan die NWU (Noord-Wes Universiteit) kampus, in Potchefstroom.

Sy studeer vir ‘n BCom Entrepreneurskap en Ondernemingsbestuur.

Allesandri het al verskeie skoonheidskompetisies gewen, maar ”Miss Earth” is baie spesiaal vir haar, omdat dit ‘n platform skep waar ‘n individu gemeenskappe kan help.

“Dit gaan nie net oor ‘n mooi gesiggie nie,” vertel sy.

As deel van die kompetisie is daar verskeie projekte wat deelnemers moet onderneem om minder bevoorregte gemeenskappe te help.

“Ek het al ‘n groentetuin projek by ‘n skool in Potchefstroom afgehandel en die volgende projek is ‘n boomplanting, waar 10 inheemse bome geplant moet word,” verduidelik Allesandri.

“Om ‘n verskil te maak, al is dit net in een persoon se lewe, is die grootste seën wat mens kan kry.”

“Allesandri is ‘n borrellende mens met ‘n magnetiese persoonlikheid; sy is baie lief vir mense en hierdie kompetisie was nog net ‘n plesier omdat sy met kinders kon werk en mense se lewens aanraak,” sê haar ma, Daleen Pereira.

”Allesandri wil graag vir jong kinders leer om meer groen te lewe, asook om vir die omgewing om te gee.

“Ek is baie trots op wat sy al bereik het met hierdie kompetisie en om te gee is altyd beter as om net te wil ontvang.”

Related Articles

Back to top button