Local sportSport

Megan is spiesgooi kampioen

Megan Wilke (19) is die nuwe Nasionale o/23 spiesgooi kampioen.

Met haar streng oefenprogram het sy haar goed voorberei vir die atletiekseisoen.

Sy het die jaar afgeskop met ‘n Veldatleet van die Jaar trofee tydens die Noordwes Universiteit Potchefstroom kampus (NWU) se koshuis atletiek byeenkoms.

Megan het haarself bewys by die Suid-Afrikaanse o/23 Atletiek kampioenskappe wat onlangs in Bloemfontein plaas gevind het.

Daar het sy ‘n wenafstand van 52.30m gegooi.

Megan, ‘n oud Hoërskool Dr Johan Jurgens leerling, het ook aan die Senior Suid-Afrikaanse kampioenskappe deelgeneem wat in Stellenbosch plaasgevind het.

Sy het daar ‘n derde plek verower.

Verlede jaar is sy aangewys as die Nasionale Junior Spiesgooi Kampioen van Suid-Afrika.

Om alles te kroon is sy ook in Desember aangewys as die NWU se Junior Sportvrou van die Jaar.

Tussen haar liefde vir spiesgooi studeer sy vir ‘n B.ed graad intermediêr en senior fase by NWU.

Haar liefde vir spiesgooi kom sedert haar Graad Agt jaar en het intussen ‘n rits prestasies op haar kerfstok.

Sy het oor die naweek deelgeneem aan die Universiteit Sport Suid-Afrika (USSA) kampioenskappe in Stellenbosch.

Met 11 deelnemers aan die spiesgooi item, en met ‘n wen-afstand van 48.08m wen sy ook dié kampioenskappe vir die NWU Potchefstroom kampus.

Alhoewel sy haar spies 4.22m korter as die vorige poging laat pen het, was sy nogsteeds baie opgewonde oor die kompetisie en haar goue medalje.

Related Articles

Back to top button