Local newsNews

Huweliksherdenking in die park

Barry en Mariza Gouws het onlangs hul vierde huweliksherdenking in die George Sutter Park gevier.

Die paartjie het piekniek gehou deur slaai te eet, lemonade te drink met aarbeie as nagereg.

Mariza sê albei van hulle het planne gehad om die ander een te verras vir die dag.

Barry het vir haar ‘n bos blomme laat aflewer by die werk.

“Die blomme is pragtig,” sê sy.

Maar hy was baie verras toe Mariza teen etenstyd by sy werk opdaag.

Volgens hom het sy net gesê kom ons gaan op ete.

Hy was aangenaam verras toe hulle by die park stop en sy die kos uit die kattebak haal.

Vier die twee was die piekniek perfek, veral toe Mariza die aarbeie uithaal en vir manlief begin voer.

Barry werk in Springs maar die paartjie woon in Boksburg.

Die twee het lemonade gedrink op die volgende klompie jare saam.

Barry Gouws word aarbeie gevoer deur sy vrou Mariza Gouws. Dit is ter viering van hul vierde huweliksherdenking.
Barry Gouws word aarbeie gevoer deur sy vrou Mariza Gouws. Dit is ter viering van hul vierde huweliksherdenking.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button