Local sportSport

Lood trots om Springsbok trui te dra

Lood de Jager (21) is die mees onlangse Springbok en Cheetah rugby speler wat Springs opgelewer het.

Alhoewel hy in Dunnottar gewoon het, het hy sy laerskool jare by Laerskool Jan van Riebeeck deurgebring en gematrikuleer by Hoërskool Hugenote.

Op hoërskool het hy vir die eerste span krieket gespeel, maar vinnig agter gekom dit is nie wat hy wil doen nie.

In Graad 11 en 12 het hy uitgedraf vir Hugies se eerste rugbyspan en dit is waar hy besef het sy passie is om rugby te speel.

As slot van die skoolspan het hy hard geoefen om beter en beter te speel.

As jong seun het hy gedroom om eendag provinsiale rugby te speel en om vir die Springbokke uit te draf

Hy sê op skool het hy en verskeie ander spelers aan die Cravenweek deelgeneem met die hoop om duer die Valke raakgesien te word.

Groot was sy teleurstelling toe hy nie tydens die laaste proewe gekies is nie.

Maar Lood was vasbeslote om net harder te probeer en het die teleurstelling agter hom gesit.

Nadat hy in 2010 matriek geskryf het is hy ‘n rugby beurs aangebied en het hy by die Noordwes Universiteit (NWU) BCom bedryfs en arbeidsverhoudinge gaan studeer.

Daar het hy ook twee jaar vir die o/19 NWU en die Luiperds gespeel.

Gedurende sy tweede universiteitsjaar het hy weer vir die Luiperds gespeel en ook uitgedraf as slot van die o/21 Universiteitsbeker uitgedraf.

Die Cheetah spanbestuurders het hom raakgesien in 2012 en vandag is hy ‘n gesoute Cheetah speller.

Hy sê hy is baie gelukkig en dit was die beste besluit ooit om daarheen te gaan.

Rugby hou hom baie besig en hy het nie veel tyd vir swottings nie, maar hy sal graag sy studies wil voltooi.

Sy droom het vinnig ‘n werklikheid en die oomblik was groot toe Heinecke Meyer, Springbokafrigter hom op 23 Mei bel en hom inlig hy is deel van die Springbok oefenkamp.

Tydens die eerste oefenkamp was daar 36 spelers waarvan slegs 30 gekies word.

Sy oomblik van faam het gekom toe hy tydens die Springbok trui oor sy kop trek in sy eerste toets teen Wallis en hy langs sy held Schalk Burger staan.

“Om die volkslied voor ‘n vol pawiljoen te sing is onbeskryflik,” sê hy.

‘n Ander hoogtepunt in sy lewe was die twee drieë wat hy in sy derde toets teen Skotland gedruk het.

Hy sê as hulle toer is die lang vlugte is soms veeleisend, maar dit elke oomblik is die moeite werd.

Vir ontspanning geniet hy ‘n potjie golf, vang vis saam met sy vriende of gaan jag tydens die jagseisoen.

Lood hou ‘n balans in sy lewe en daarom glo hy “daar is tyd en plek vir alles”.

Lood de Jager speel tans vir die Cheetah span rugby.
Lood de Jager speel tans vir die Cheetah span rugby.

Related Articles

Back to top button