EntertainmentLifestyle

Ses Springs produksies word vertoon by Aardklop

Lefra Produksies bied ses produksies aan by die Totius Saal by die Clover Aardklop Nationale Kunstefees.

En wat meer is, al ses van hierdie produksies word vanuit Springs gemaak.

Frans Swart, hoof uitvoerende beampte van Lefra Produksies, sê dié is beslis ‘n teater produksie vir elkeen se smaak.

“Ons het iets vir almal saamgebring met vanjaar se produksie,” sê hy.

Die premiére maak oop met Oom Schalk Lourens se Mampoerstories wat vir die eerste keer in Afrikaans gaan wees deur Frans se inisiatief om dit te vertaal.

“Kom lag lekker vir die skreeusnaaksste klug, My Boetie se Sussie se Ou en na al die jare is Hannes Muller terug by Aardklop met Groet die Grotman.”

Die Afrikaanse gebore Franse Mimiekmeester, John Jacobs kan gesien word in sy internasionale bekende produksie, Mime La France.

Alwyn Oberholster bring hulde aan Neil Diamond in Beautiful Noise en Kobus Muller sing Engelbert Humperdinck.
“Ses produksies van Springs, ses optredes wat almal sal geniet,” sê Frans.

Alwyn Oberholster bring 'n huldeblyk aan Neil Diamond met Beautiful Noise.
Alwyn Oberholster bring ‘n huldeblyk aan Neil Diamond met Beautiful Noise.

Related Articles

Back to top button