MOVIE REVIEW: Alles wat mal is

Cast: Erica Wessels, Louw Venter, Meme Ditshego, Keagan Verwey, Eugene Du Toit, Christina Storm, Jacques Bessenger, Chris De Clerq, Elzette Maarschalk, Jana Strydom, Richard Van Der Westhuizen, Philicity Reeken

Helena Joubert het haarself verloor. Iewers tussen haar varsity-kys, die ja-woord en twee woelwater- seuntjies, het die Helena wat sy ken verdwyn. Sy en haar man Gustav se passievolle verhouding het plek gemaak vir ‘n permanente skietstilstand. Die eens uitgelate, ongeïnhibeerde meisie van haar jongdae is nou net tartende foto’s teen die muur. Haar joernalistieke drome het plek gemaak vir sporadiese artikels in nietige publikasies. Hoe het dit gebeur dat haar lewe so klein geword het? Hoe het dit gebeur dat haar enigste vriendin en vertroueling haar huishulp Miriam is?

Alles begin verkeerd in Helena se lewe loop. Die chaos bereik uiteindelik breekpunt en Helena se uitdagende alter ego maak haar verskyning en besluit om in te gryp. In die proses ontdek Helena ʼn stukkie van haar ou self, ʼn stukkie wat lankal smeek om aandag. Sy durf verskeie nuwe eksentrieke avonture aan kompleet met Miriam en die twee woelwaters op sleeptou. Haar bitter-soet konklusies deel sy met haar ‘Alles wat mal is’- bloglesers, maar nie almal stem saam met haar vreemde projekte nie.

Helena se man Gustav se sakebesluite word beïnvloed deur ʼn sjarmante belegger wat nie net haar visier op sy maatskappy het nie, maar ook op Gustav self. Helena besef daar is ʼn slang in die gras, maar sal Gustav haar glo of dink dit is maar net die jaloerse monster wat kop uitsteek?

Helena se alter ego spoor haar aan om ʼn paar brawe besluite te neem wat dalk haar huwelik en selfs haar man se loopbaan kan red. Of dalk nie: Die duisende getroue bloglesers wag op hete kole om te sien wat volgende gaan gebeur. Het Helena finaal haar varkies verloor of het sy hulle vir die eerste keer almal op hok?

Cast: Erica Wessels, Louw Venter, Meme Ditshego, Keagan Verwey, Eugene Du Toit, Christina Storm, Jacques Bessenger, Chris De Clerq, Elzette Maarschalk, Jana Strydom, Richard Van Der Westhuizen, Philicity Reeken
Director: Darrell James Roodt
Music: Geo Hoehn

Exit mobile version