Kry Perspektief! (Pak jou kaste reg!)

God sê in Sy woord “immers word geeneen bokant sy kragte versoek nie, maar God sal self die uitkoms gee!

Ons weet almel hoe lekker gevoel dit is nadat jy jou klerekas reggepak het. Jy soek na niks, lê jou hand sommer dadelik op die kledingstuk wat jy wil aantrek want elke ding is op sy regte plek. Die lewe is so’n gejaag; net 1 of 2 oggende wat jy bietjie verslaap en laat is en gou is die klere in jou kas net ‘n warboel en deurmekaar spul! So ploeter ons dan ook aan vir ‘n tyd, soek gereeld ‘n spesifieke ding om aan te trek; partykeer kry jy daardie ding maar as gevolg van die deurmekaarheid in jou kas, so verkreukel dat jy dan maar weer ‘n ander ding moet soek om aan te trek. Alles teen tyd!

Tot op ‘n dag, dan besluit jy om mar ‘n tydjie af te knyp en om jou klerekas reg te pak. Sorteer klere uit wat jy moet uitgooi en te klein of verweer is, maak stukkende goed heel, ens. O! wat ‘n salige gevoel na jy hierdie taak voltooi het! Alles op hul plek, netjies en elke ding maklik om te vind!

So kan ons ons lewe ook met ons klerekas vergelyk. As gevolg van elke dag se gejaag in hierdie vinnige wereld van ons is ons lewens ook gou deurmekaar. Sommige take wat moet afgehandel word kry ons nie tyd voor nie want die dag is net te kort en ons het te veel om te doen. Sommige take word ook sommer so half-half gedoen, net om te kan sê ek het ‘n poging aangewend om aandag daaraan te gee, want die dag is te kort!

Baie van ons jaag so om al die baie dinge in die dag in te pas dat ons niks regtig volkome voltooi nie! Gou is ons lewens ook in chaos gedompel; ons kry nie satisfaksie vir wat ons doen nie en aan die einde van die dag veroorsaak dit dat ons verhoudings ook daaronder ly. Ons probeer tyd aan ons maat afstaan maar op die ou end leef ons bymekaar verby.

Dus waarom ons moet op ‘n dag tot stilstand moet kom en perspektief moet kry! Hoe kry mens perspektief? Die antwoord is voor die hand liggend met die praktiese illustrasie van “Pak jou kaste reg”, dus “pak” jou lewe reg! Sorteer jou lewe deur jou ‘n volgende paar vrae af te vra:

Dit is maar net ‘n paar enkelde vrae. As U die dag begin met Jesus, om vir Hom dankie te sê vir die nuwe dag en Sy krag, leiding en insig te vra vir die dag, gaan meer take van jou suksesvol deurgevoer word. Tree hoflik en bedagsaam op teenoor jou kollegas en bou so ‘n baie beter spangees; take word ook ligter vir mekaar gemaak want met die regte houding teenoor mekaar is daar nie daardie gesindheid van om die lewe vir mekaar moeiliker te maak nie. Vul ons ons gedagtes met negatiewe, depresiewe gedagtes? ‘n Mens se gesigsuitdrukking en jou hele “jy” straal uit (Positief of Negatief) wat jy dink! As jy in jou gedagtes onvergenoegd is en heeltyd dink hoe ongelukkig jy is oor negatiewe dinge in jou lewe, dan gaan jy sinies optree teenoor ander mense en niemand sal baie van jou hou nie, en jou eerder vermy. Maar as jy in jou gedagtes bly is oor tog so baie wat Jesuus vir jou gee en dankbaar is oor die positiewe dinge in jou lewe, sal jy vriendlik en blymoedig teenoor ander optree en sal dit vir ander aangenaam wees om in jou teenwoordigheid te wees.

Kry dus perspektief in jou lewe! Jy HET baie om voor dankbaar te wees! Ons het almal maar ons kwellinge, moeilike situasies om soms te oorkom maar pak dit aan met ‘n positiewe gesindheid met die krag wat Jesus vir ons gee! God sê in Sy woord “immers word geeneen bokant sy kragte versoek nie, maar God sal self die uitkoms gee!

 

—oooOooo—

Exit mobile version