Here Jesus, Liefling van my siel!
Waar sou ek wees as ek U nie kon vind?
U wat altyd sê: “Hier is Ek, My kind!”
U is my Pappa, my Vriend en Gids,
As ek nie weet waar ek my bevind!
U is die Alfa en die Omega;
In my nood, kan ek na U gaan
U is die lig op my pad, en ek weet,
U sorg vir my, elke dag!
U is die Skepper van die Groot Heelal!
Na U kan ons opkyk wanneer ons val!
U genees ons wonde en U droog ons trane;
U, Heer en God, ons troue Vader!
Ek wil U lof besing; U naam hulde bring!
Want ek is U kind, deur Genade tot hier gebring!
You can read the full story on our App. Download it here.