CrimeNews

Polisie soek na ‘buffelverkoper’ nadat hy ‘bedrieg’ om borg te kry

Middelburg Observer vra om hulp om na Jaco Opperman te soek. Opperman het die polisie in Pretoria ontglip.

Die polisie in Modimolle is hard aan’t  soek nadat ’n man wat in eMalahleni gearresteer is, owerhede in Pretoria ontglip het deur na bewering op bedrieglike wyse op borg vrygelaat te word.

Jaco Opperman (33) word daarvan beskuldig dat hy buffels te koop geadverteer het. Hy het dan met mense wat deposito’s vir die diere in sy rekening in betaal het, verdwyn.

Daar is drie sake van bedrog teen hom geopen. Die betrokke bedrag word op R60 000 geskat.

Opperman is in Augustus in eMalahleni gearresteer. Hy was sedert Mei 2016 gesoek.

Hy het 20 September in die hof in Modimolle verskyn en moes in aanhouding bly tot sy volgende hofverskyning, wat gister sou wees.

Tussen die twee hofdatums is Opperman in Pretoria aangehou. Toe hy gister in die hof moes verskyn, was hy skoonveld.

Dit het aan die lig gekom dat hy op ’n manier daarin geslaag het om R500 borg te betaal, alhoewel dit nooit tydens sy laaste hofverskyning in Modimolle toegestaan is nie.

Jaco Opperman aged 33, was arrested in Witbank, Mpumalanga in August 2017 by the Modimolle Detectives after defrauding several victims of their hard earned cash. He was being sought by the police since May 2016.

Die Limpopo polisiewoordvoerder, brig. Motlafela Mojapelo, sê dat die polisie se ondersoek daarop dui dat hy moontlik hulp van iemand by die gevangenis ontvang het.

’n Saak van ontsnapping is by Opperman se drie bedrogsake gevoeg.

’n Landdros en adjudant offisier wat by die borgstelling betrokke was, staar nou dwarsboming van die gereg klagtes in die gesig.

Die provinsiale polisiekommisaris in Limpopo, gnl. Nneke Ledwaba, het gesê dat die wet genadeloos sal wees teen die betrokke persone, maak nie saak wie hulle is nie.

Die polisie versoek lede van die publiek om hulle te help met inligting sodat Opperman weer agter tralies sal beland.

Enige iemand met inligting kan sers. Rossouw bel by 071 133 8524, hul naaste polisiestasie of die misdaadlyn by 086 001 0111.

 

SOURCE: Middleburg Observer

Related Articles

 
Back to top button