BlogsOpinion

Hoe ervaar jy jou lewe?

Vandag wil ek so graag met ons jongmense gesels – in besonder jong meisietjies wat aan die begin van hul tienerjare staan.

‘Ek haat my lewe’! – Dit was die uitroep van ‘n jong meisietjie van 12jaar op haar profiel op een van die sosiale netwerke. Toe ek dit lees ervaar ek die opstand en ongelukkigheid van wat uit hierdie woorde spreek. Is dit ook soos wat jy, liewe Meisie, oor jou lewe voel? Ek het die volgende paar gedagtes met haar gedeel en ek wil dit ook graag met jou deel, want dit het haar lewe van vyandigheid en opstandigheid verander na ‘n lieflike “geur”! In plaas van ’n opstandige tiener het sy iemand geword van wie almal hou en voor lief is!

Ek wil vandag met jou ‘n paar geheimpies deel. Ek doen dit nie om vir jou te ‘preek’ nie, maar ek wil hê dat jy ook ‘n wonderlik gelukkige mensie moet wees! Miskien voel jy “Ag, niemand het my lief nie!” … maar ek wil vir jou vertel dat Jesus baie lief is vir jou! Hy is so baie lief vir ons (en dit sluit jou in!), dat Hy lankal reeds aan die kruis gesterf het om ons vry te stel van ons sondes! Dink net, ons is vry en hoef dit nie te verdien om aan Hom te behoort en vry te wees nie – ons moet Hom net lief hê en in ons harte innooi en ek gee jou die waarborg, dan word jou lewe sommer baie sinvol! Hiermee saam wil Jesus ook he jy moet vir Pappa en Mamma baie lief wees, want hulle het jou ook baie lief, al voel dit nie aldag vir jou so nie!

Op hierdie of een of ander stadium voel jy dalk ook dat daardie “spesiale outjie“ ook nie meer van jou hou nie – daarom voel jy dalk vandag jy “haat jou lewe”. Hier kom een van my geheimpies: Moet nooit dat ‘n ‘outjie’ presies weet hoe baie jy van hom hou nie, want sodra hy weet jy hou baie van hom, dan stel hy nie meer belang nie. As jy bietjie geheimsinnig bly oor hoe jy oor hom voel, dan sal hy aanhou om jou aandag te soek! As seuns baie seker is daarvan dat jy van hom hou, dan word sy belangstelling in jou minder. Ek het al meisies van 12 hoor praat van vry! Ai Meisiekind, party seuns stel net belang in ‘n meisie om te kan vry. Niemand wil so ‘n kêrel hê nie want nes jy hom toelaat dan los hy jou! ‘n Goeie ‘boyfriend’ sal van ‘n goeie meisie hou wat nie sommer JA sê nie en altyd baie goed vir haar wees! Wees dus altyd spesiaal en dit sal altyd met jou goed gaan!

Jy is pragtig en indien jy hierdie geheimpies toepas in jou lewe, sal jy net so pragtig van bine as van buite wees.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button