Grant’s Dairy hou plaasmark

Kom en ondersteun die Plaasmark.

’n Plaasmark word op 5 Junie van 9vm tot 3nm by Grants Dairy te 114 Jacobastraat gehou.

Bring die hele familie, al jou vriende en kom ondersteun klein besighede en vergeet van die stadsgeraas vir ’n paar ure.
Kleingoed kan ponieritte geniet en die eende voer of op die springkasteel baljaar.

Vir die ouers is daar iets van alles met meer as 40 stalletjies wat allerlei handgemaakte artikels en kos verkoop.
Organiseerders beloof ook dat daar ’n paar nuwe stalletjies met unieke goedere sal wees.

Vir meer inligting kontak Lorraine by 083 777 7224.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version