EntertainmentLifestyle

VIDEO: 1925Band stel hul nuwe enkelsnit vry

Die gewilde broer-trio, 1925Band, het pas hul derde enkelsnit, Al Te Min Te Veel Gevra, vanaf hul langverwagte album, Eintlik Nogal Baie, bekendgestel. Hul eerste enkelsnit, Eintlik Nogal Baie, wat ook die temalied van die gewilde film, Eintlik Nogal Baie was en in Augustus 2016 bekendgestel is, het die nommer een posissie op verskeie radiostasies …

Die gewilde broer-trio, 1925Band, het pas hul derde enkelsnit, Al Te Min Te Veel Gevra, vanaf hul langverwagte album, Eintlik Nogal Baie, bekendgestel.

Hul eerste enkelsnit, Eintlik Nogal Baie, wat ook die temalied van die gewilde film, Eintlik Nogal Baie was en in Augustus 2016 bekendgestel is, het die nommer een posissie op verskeie radiostasies in Suid-Afrika se trefferparades behaal. Die film is internasionaal versprei en 1925Band het ook onlangs die temalied in Spaans gekomponeer. Daarna het Gedig op my Arm gevolg en nou bederf hulle wéér ons ore met Al Te Min Te Veel Gevra.

Dié liedjie het ’n storie. “Ons het gedurende Desember 2016 in Plettenbergbaai aangekom. Ons moes daar bly vir ’n paar maande. Ons het ongelooflike mense daar ontmoet en wonderlike tye beleef, soms met dieselfde klere aan vir meer as een dag in ’n ry! Dit is waar ons die inspirasie gekry het om die woorde te skryf wat vir mense kan oordra hoe ons aan die Wes-Kaapse “vibe” gewoond moes raak. Dit was drie maande sonder ’n huis, dieselfde kos en mense met baie persoonlikhede. Van lekker laat aande tot kuier op die strand as die sterre hoog sit. Ons as broers het deur moeilike tye gegaan. Ons moes sluk want ons het ’n droom om te volg. Daar was van ons te min gevra en ook te veel, maar ons sal altyd lief bly vir die duine in Plettenbergbaai,” sê David-Lee Gericke.

1925Band bestaan uit drie musikale broers, Reno, Jeff en David-Lee Gericke, wat in 2010 besluit het om professioneel te begin musiek maak. Die groep se styl kan hoofsaaklik as akoestiese folk beskryf word en die harmonieuse manier waarop hulle stemme by mekaar inskakel, asook die gevoel wat in elke liedjie na vore kom, is juis wat hulle musiek so lekker maak om na te luister. “Ons skryf musiek met baie emosie in die lirieke en melodieë en ons wil hê dat elkeen wat daarna luister dit moet voel. Dit is immers wat van liedjies treffers maak en waarmee luisteraars kan identifiseer,” vertel Reno, die ouboet van die groep. “David en Jeff skryf die meeste van die liedjies en word gewoonlik deur alledaagse gebeurtenisse, verhoudings en ervaringe van ons self en ander mense geïnspireer.”

KYK:

Die broers is in die Kaap woonagtig, maar besoek Johannesburg en Pretoria gereeld vir optredes. Die broers het nog baie planne vir die toekoms, wat nog vele landswye toere, asook ’n oorsese toer insluit. Hulle sal ook nog graag saam met kunstenaars soos Karen Zoid, Emo Adams en Elvis Blue wil optree.

1925Band het ’n platekontrak by Storm Rekordz losgeslaan en hul album, Eintlik Nogal Baie, word amptelik in September 2017 uitgereik.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button