Sy wil die wêreld heelmaak met musiek

'Om vir God dankie te sê, sing ek Sy glorie en probeer mense se harte raak.”

MARLENE Vermaas is geken deur baie mense as ‘n sangeres wat inspireer – en haar lojale bystaanders en Ghoema nominasie bewys dit as ‘n feit.

Sy praat oor haar lewe en hoe, ten spyte van baie moeilike tye, sy vandag heeltemal gelukkig, tevrede en dankbaar is.

Marlene is gebore in Pretoria en het op ‘n plaas groot geword buite Fochville, Noord-Wes. Tans woon sy in Alberton. Op die ouderdom van vyf het haar pa haar op die verhoog getel en gesê sy moet sing. Van toe af kon sy nie ophou nie! Sy het sanglesse geneem van die ouderdom agt tot 17, het aan baie sang kompetisies deelgeneem en by verskeie kerke opgetree. Met harde werk het Marlene uiteindelik opgetree saam met bekendes soos Bobby van Jaarsveld en Steve Hofmeyr. ‘n Hoogtepunt in haar loopbaan is toe sy weggestap het met die eerste prys by die Suid-Afrikaanse Samsung Song Festival, ‘n paar jaar gelede.

Nog ‘n hoogtepunt is dat sy hierdie jaar genomineer is vir ‘n Ghoema toekenning as “beste kontemporêre album deur ‘n vroulike kunstenaar”, saam met Laurika Rauch.

PLAAS JOU STEM: Marlene is genomineer vir die Ghoemas en sy waardeer alle ondersteuning en stemme.

“Ek is so geëerd om net met haar geassosieër te word,” sê sy met ‘n breë glimlag. “Sy is al van kleintyd af ‘n ikoon vir my.”

Die Ghoema-prysuitdeling sal 23 April uitgesaai word op KykNet.

“Ek is bo alles dankbaar vir my ouers wat my deur alles ondersteun,” sê Marlene met tranerige oë. “Ek het my ma baie amper verloor in 2004 – sy moes dood wees maar sy het dit oorleef. Om vir God dankie te sê, sing ek Sy glorie en probeer mense se harte raak.”

Sy voeg by dat geen beroemdheid haar kan gelukkig maak soos om musiek te sing wat mense se harte genees nie. “As ek Glory Land sing, kan ek sommer sien hoe mense huil soos wat hulle harte geraak word. Dit is absoluut waarvoor ek leef,” sê sy.

Marlene se nuutste en derde album, My Storie, is bedoel om mense deur haar lewe, goeie tye en ook slegte ervaringe te neem en hulle so’ te inspireer. “Mense moet weet hulle is nooit alleen nie. Daar is te veel seer in die wêreld en ek wil dit beter maak met my musiek,” sê sy.

Onthou om te stem vir Marlene en hou KykNet dop 23 April vir die Ghoema musiektoekennings. Hou die sneesdoekies naby – Marlene gaan weer haar hart uit sing!

Kyk:

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version