CompetitionsLifestyle

Wen met jou onthougoed

Deel jou Afrikaanse #onthougoed en staan die kans om te wen.

DEEL jou Afrikaanse #onthougoed en staan die kans om te wen.

Afrikaans.com is ’n trotse borg van die opwindende Grootste Genoot TV-vasvraprogram op Via (DStv-kanaal 147) wat tot 9 September elke weeksaand om 17:30 uitgesaai word en waar Rian van Heerden deelnemers se kennis toets van die stories, mense en nuus wat die afgelope eeu in Huisgenoot verskyn het.

Maar, terwyl jy saamkyk en probeer onthou, laat sommer jou gedagtes gaan en gaan soek die onthougoed in jou, jou ma of ouma se huis, neem ’n foto daarvan en deel dit op Afrikaans.com se Facebook-blad of op Instagram. Of skryf jou foto, met ’n kort motivering, in op Afrikaans.com en staan die kans om tot R10 000 te wen.

Gaan kyk gerus by https://www.afrikaans.com/news-headlines/algemeen/grootstegenoot

Hoe lyk jou Afrikaans?

Na drie maande en bykans 700 inskrywings en duisende stemme, sluit die eerste rondte van Afrikaans.com se kompetisie, “Hoe lyk jou Afrikaans?” op 31 Augustus waarna die eerste drie kategoriewenners van R2 000 elk op 10 September in die media en op Jukebox (DStv-kanaal 144) aangekondig word. Oeps, jou beurt gemis? Toemaar, daar is nog twee rondtes oor waarin jy steeds jou bydraes kan inskryf. Rondte twee begin reeds op 1 September. Gaan kyk gerus by www.afrikaans.com en wys hoe lyk die lekker van jou Afrikaans. As moontlike kategoriewenner, kan jy uiteindelik tot R10 000 wen.

*Mediaberig verskaf deur Annelie van Jaarsveldt van afrikaans.com

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

 
Back to top button