EntertainmentLifestyle

Nuwe tienerkomedie op die silwerdoek

Jou Romeo, die jongste romantiese tienerkomedie, word op 23 Desember landswyd in Suid-Afrikaanse fliekteaters vrygestel.

‘JOU Romeo’, die jongste romantiese tienerkomedie, word op 23 Desember landswyd in Suid-Afrikaanse fliekteaters vrygestel.

Die fliek, wat deur die produksiehuis The Film Factory geproduseer is, bevat romanse, Shakespeare, krieket, vriendskap, onvoorwaardelike aanvaarding en wat boonop die liefde vier, vertel die verhaal van twee vasbeslote dramaliefhebbers van Hoërskool Monument in Krugersdorp wat tot enige uiterste sal gaan om hul droomproduksie op die planke te bring, met onverwagte gevolge.

Yvette (Elani Dekker), Tyler (Christopher van der Westhuizen) en die dramabrigade is ’n piepklein “arty” minderheid in ’n sportmalskool en hulle het slegs een doel voor oë: om ‘Romeo en Juliet’ in hul matriekjaar op die planke te bring. Die skoolhoof, Kirby Potgieter (Pierre Breytenbach), het egter ander planne en sny die kuns- en kultuurbegroting om opgraderings aan die klubhuis aan te bring.

Desperaat om kaartjies te verkoop en sodoende die vertoning te red, beraam Yvette en Tyler ’n plan. Hulle oortuig die skool se sportheld en hartebreker, Marko Marais (Ruan Wessels), om die rol van Romeo in Tyler se plek te vertolk. Hulle plan werk en die kaartjies verkoop soos soetkoek.

Marko voel onverwags aangetrokke tot die bleek dramasiel, Yvette. Sy sien ook skielik meer in Marko raak as ’n oppervlakkige spiertier met ’n mooi glimlag.

’n Leuen dreig egter om hulle uitmekaar te skeur en gevolglik ook die opvoering te kelder. Om universiteitstoelating te kan kry, moet Marko ’n sportbeurs met sy krieketkolf losslaan. Terwyl hy uithaal en wys op die krieketveld, wonder Yvette of Marko werklik haar Romeo kan wees.

Ruan Wessels vertolk die rol van die gewilde sportheld Marko Marais wat ewe skielik in ’n Shakespeare-akteur in ‘Jou Romeo’ ontaard. Ruan, wat ook bekend is vir sy rolle in ‘Agent 2000: Die Laksman’, ‘Hoofmeisie’ en ‘Dis Ek, Anna’ sê hy het die feit dat sy toneelspel op die proef gestel word baie geniet en dat hy daarin geslaag het om baie doelwitte te bereik deur sy alles vir hierdie rol te gee.

Bekwame regisseur, André Velts, (‘Die Pro’, ‘Knysna’) het die regie van ‘Jou Romeo’ behartig en sê dit is altyd ’n lekker ondervinding om saam met die jeug te kan werk. “Hulle hou jou op jou tone en kom altyd met vars idees vorendag. Hulle het ook ’n lus vir leer, so dit lei tot ’n lekker kreatiewe aanslag. Ek is opgewonde oor ‘Jou Romeo’ omdat daar ’n goeie balans is tussen humor, drama en aksie. Alle ouderdomme kan iets uit die fliek neem en dit toepas in hulle daaglikse lewens. Ook die gehoor kan empatie hê vir karakters wat geklassifiseer word in skole en gevolglik geboelie word.”

Die fliek spog ook met onder andere Diaan Lawrence, Dirk Stoltz, Row-Lean, Sarahann Doherty en Carmin Coetzer in die rolverdeling.

Maak gereed vir ongelooflike produksiewaarde, musiek, romanse en ’n hart vol Shakespeare, avontuur, sport en liefde.

Fliek deur Ster-Kinekor Entertainment uitgereik.

*Mediavrystelling verskaf deur Alishia van Deventer van Starburst Promotions.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button