EntertainmentLifestyle

Nuwe produksie op die planke

'Sneeuwitjie' is ’n wonderwêreld van klank en kleur wat kinders sal betower, en grootmense weer soos kinders sal laat voel.

DIE Theatre of Marcellus by Emperors Palace was volgepak met oud en jonk op Saterdag 21 Mei tydens die opvoering van die immergewilde sprokiesverhaal, Sneeuwitjie.

Die Afrikaanse pantomime spog met groot name in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf en teaterwêreld.

Afrikaanse sangeres, Nadine speel Sneeuwitjie, Reynard Slabbert is die Prins en die legendariese Angela Kilian vertolk die rol van die bose Koningin, met die gesogte Heidi Edeling as musikale regisseur.

Ander gunstelinge insluitend Tiaan Rautenbach en Clint Lesch laat gehore weer eens skaterlag.

Onder die vaandel van Add-Life Productions – vervaardigers van ‘Ester’, ‘Droomkind’, ‘Liefling’, ‘From the Footlights’ en natuurlik ‘Aspoestertjie’ – en met regisseur Weslee Lauder aan die stuur, beloof ‘Sneeuwitjie’ om nog ’n hoogtepunt in Afrikaanse teater te wees.

‘Sneeuwitjie’ is ’n wonderwêreld van klank en kleur wat kinders sal betower, en grootmense weer soos kinders sal laat voel.

Dié is een produksie wat teatergangers nie moet misloop nie. Maak seker jy vind uit wie die mooiste in die land is.

Die produksie is nog tot 12 Junie by Emperors Palace te siene.

Kaartjies is verkrygbaar by Emperors Palace Box Office. Skakel hulle by 011 928 1297/1213 of besoek www.emperorspalace.com of www.computicket.com

 

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button