Neil Somers stel nuwe musiekvideo vry

Neil Somers se splinternuwe musiekvideo, Silwer Kombers, is onlangs bekendgestel en is vervaardig deur Christian Botha van Brickwolf Productions.

Neil Somers se splinternuwe musiekvideo, Silwer Kombers, is onlangs bekendgestel en is vervaardig deur Christian Botha, van Brickwolf Productions.

Die video is geskiet by Brickwolf se ateljee in Pretoria, waar een van die kamers omskep is in die perfekte agtergrond. Die kwaliteit van die skote is van so ‘n aard dat ‘n storielyn nie werklik nodig is nie en dit fokus op die lirieke, omdat dié so kragtig is. Die lied gaan oor iemand wat sterf, maar die video verwys meer na iemand wat aanbeweeg na ‘n “nuwe lewe”.

Kyk die video hier:

Met sy kenmerkende diep stem word Neil se album, Hierdie Hande, as hoendervleismooi beskryf, en dit is ook onlangs vir ‘n SAMA benoem, in die kategorie Beste Kontemporêre Album.

Die amptelike 2016 SAMA toekenningsgeleentheid vind op 4 Junie, in Durban, plaas, waartydens Neil ook sal optree.

Die album is ‘n mengsel van roerende lirieke en aangrypende melodieë, wat nie net in jou kop kom vassteek nie, maar jou ook onwillekeurig sal laat saam neurie.

Anders as sy eerste album, Anderkant Atlantis, is Hierdie Hande minder ernstig, maar die musiek kry dit steeds reg om diep binne in jou hart te kom nesskop.

“Ek dink ons het dit reggekry om ’n lekker balans tussen diep rustige en lekker kuiermusiek te skep,” vertel Neil.

”Maar elke liedjie vertel tog ’n storie en dis wat vir my belangrik is – dat mense na die lirieke moet luister en dit hulle harte moet aanraak, hetsy op ’n gelukkige of hartseer manier. Solank dit net met die hart praat en emosie ontlok. Dit is vir my ‘n ongelooflike voorreg om vir ‘n SAMA benoem te word!”

Neil sê dat hy die inspirasie vir sy musiek uit alledaagse dinge, soos mense se stories, die natuur en ander realiteite, kry.

“Gewoonlik tref ’n idee vir ’n liedjie my wanneer ek regtig moeg is, dan staan ek op en gaan skryf dit dadelik, want môre is daardie goeie liriek of melodie dalk weg,” verklap hy.

Aangesien hy lief is vir jag en die natuur, is tye rondom die kampvuur ook vir hom ’n wonderlike skeppingsgeleentheid.

*Verskaf deur Alishia van Deventer van Starburst Promotions.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version