Leading Lady se locckprent word vrygestel

'Leading lady' 'n nuwe Suid Afrikaanse film sal op November 28 vrygestel word, maar vir die lesers wat belang stel in 'n voorsmaakie is die lokprent al beskikbaar.

Uit die pen van die regisseur en medeskrywer van Fanie Fourie se ‘Lobola’ (Henk Pretorius), wenner van die SIFF 2013 Golden Space Needle Award vir beste rolprent, kom hierdie inspirerende storie van ‘n jong, opkomende Engelse aktrise (Jodi Rutherford) wat ‘n Suid-Afrikaanse boer van Brandfort (Kobus Willemse) oorreed om haar te help om voor te berei vir die uitdagende rol van ‘n Afrikaanse oorlogsheldin in ‘n Hollywoodse rolprent.

Die rolverdeling vir hierdie film sluit in ons eie “leading lady”, Katie McGrath (Dracula, Merlin), die Hollywoodse filmster Gil Bellows (Ally McBeal, Shawshank Redemption), sanger/akteur Bok van Blerk, sowel as ‘n vertoning vol van draadwerk deur die legendariese Brümilda van Rensburg.

Leading Lady word vervaardig deur Dark Matter Studios se Llewelynn Greeff en Henk Pretorius. Die fliek word in Suid-Afrika versprei deur Ster Kinekor en dit tref die plaaslike netwerk van rolprentteaters op 28 November.

Dark Matter Studios is trots om die amptelike vrystelling van die eerste internasionale lokprent vir ‘Leading Lady’ aan te kondig. Hierdie was op Vrydag, Mei 30 om 12:00 op die volgende platforms vry gestel:

Facebook: https://www.facebook.com/filmleadinglady

Facebook: https://www.facebook.com/pages/Dark-Matter-Studios/459420337414367

Facebook: https://www.facebook.com/MaroelaMedia

Exit mobile version