Lifestyle

Dra jou tekkies vir ‘n goeie doel

Ondersteun Tekkie Tax dag op Vrydag, 30 Mei 2014.

Tekkie Tax 2013 het alle verwagtings oortref deur R2,4 miljoen in die eerste jaar in te samel. Meer as 180 plaaslike welsynsorganisasies het daarby gebaat en alle fondse is gedurende November 2013 verdeel.

 

So watter sektore het naaste aan die publiek se harte gelê? 34% van die deelnemers het ’n C-plakker gekies, wat Kinders verteenwoordig, so kinders was die sektor wat die meeste ondersteun is.

 

Die organiseerders van hierdie veldtog, The Marketing Team, het oorweldigende terugvoer van dankbaarheid ontvang omdat hulle so ’n eenvoudige en lae-risiko fondsinsamelingsveldtog geloods het. Bev Seabournevan Highveld Horse Care sê “Uiteindelik is daar ‘n nasionale fondsinsamelingsprojek waarby diere ook kan baat en ons is dankbaar om deel te kan wees daarvan. Ons diens aan perde en donkies help egter veel meer as net die diere want ‘n gesonde perd of donkie sorg dat daar ‘n inkomste is, kinders kan skool toe gevat word en water en steenkool kan aangery word. Lank leef Tekkie Tax.”

 

Hierdie jaar bied die Tekkie Tax-span jou weer ’n geleentheid om te wys waar jou hart lê op Vrydag,30 Mei 2014.  Lede van die publiek word gevra om ‘n Tekkie Tax plakker aan te skaf vir ‘n R10 donasie.

 

Daar is 5 verskillende plakkers om van te kies, elkeen verteenwoordig ‘n spesifieke afdeling van dienslewering. Afhangende van waar jou hart lê, kies jy een of meer van die afdelings wat jy wil ondersteun met jou R10 plakker donasie:

 

  • Allerande DIERE
  • Basiese FAMILIE dienste
  • Cool KINDERS
  • Dienslewering aan GESTREMDES
  • Essensiële ONDERWYS

 

Op Tekkie Tax dag dra jy jou groot plakker op jou bors en die kleintjie sit jy op jou selfoon, om daar te bly vir die res van die jaar. Wat ookal jou uitrusting vir die dag, maak seker om jou tekkies te dra!

 

Jy kan selfs jou tekkies optooi deur ‘n paar van hulle super oulike skoenveters “Tekkie Tags” aan te skaf vir ‘n R30 donasie (en die plakker van jou keuse is ingesluit)

 

Die veldtog word onderskryf deur 15  van die grootste Nasionale welsynsorganisasies in die land.

  • Epilepsie SA
  • Kindersorg SA
  • SOS Children’s Villages
  • CHOC (Childhood Cancer Foundation)
  • Special Olympics SA
  • Endangered Wildlife Trust (EWT)
  • HPCA – Hospice Palliative Care SA
  • Pet Welfare SA
  • Imisebeyelanga Services
  • Meals on Wheels
  • VVA
  • ACVV
  • Highveld Horse Care Unit
  • SAVF
  • NG Welsyn
  • Cheshire Homes SA . . . en hierdie is net die nasionale organisasies.

 

Annelise de Jager, Nasionale Projek Organiseerder, het gesê: Om uitgawes te beperk is altyd belangrik maar wanneer dit by ‘n fondsinsamelingsprojek kom is dit van kardinale belang. Met 15 nasionale welsynsorganisasies wat hier saamwerk, verseker dit dat die kostestruktuur van Tekkie Tax laer is as enige ander soortgelyke projek. Ons is nie besig om die wiel te her-ontwerp nie maar ons is verseker besig om ‘n nuwe fondsinsamelings blaadjie in SA om te slaan!”

 

Al die begunstigde organisasies bied ’n diens in Suid-Afrika. Hulle is spesiaal uitgesoek om te verseker dat jou donasie in die beste moontlike manier gebruik sal word, ongeag van die sektor wat jy ondersteun.

Related Articles

Back to top button