EntertainmentLifestyle

Bring die hele familie na die Klipkoppiefees

Een gelukkige wenner staan 'n kans om die hele familie te bederf met 'n stel van 4 kaartjies om die Klipkoppiefees by te woon. Lees verder vir meer inligting.

ALBERTON – Met ‘n sterbelaaide tentprogram wat nie net bekende kunstenaars soos Snotkop, Bok van Blerk en Bobby van Jaarsveld insluit nie maar ook akteurs van die Binnelanders sepie wat gaan deelneem aan die braaikompetisie geborg deur Jimmy’s Sauces, gaan dit moeilik wees om jou self weg te skeur om deel te neem aan of die buitelug aktiwiteite te beloer.

Met meer as 80 snuffelmark-stalletjies kan jy letterlik enigiets koop. Die meerderheid van die stalletjies bied items wat self vervaardig word soos kunswerke, klere, borduurwerk en nog vele meer.

Buiteluguitstallers bied heelwat vir die buitelewe en 4×4 entoesiaste. Verskeie motorhandelaars gaan hul nuutste spogperde wys. Enigiets van kleiner meer ekonomiese modelle tot die groter meer luukse vuurwaens. En moenie vergeet van die jongste 4×4 voertuie nie. Die Klipkoppiefees het nie verniet sy ontstaan te danke aan ‘n 4×4 byeenkoms nie.

Daar is drie verskillende 4×4 items wat aangebied word. Soos gewoonlik word die die 4×4 skattejag op Saterdag 31 Mei aangebied deur Francois Rossouw van die RSG 4×4 klub. Dit beloof om heelwat pret te verskaf met ‘n modderverrassing of twee. Deelnemers gaan hierdie jaar ook ‘n ander deel van die Meyerplaas verken. Wegspringtye vir die skattejag is tussen 09:00 en 13:00 met die prysuitdeling om 17:00. Die eerste prys is ‘n stel Good Year bande. Daar is ook ander lekker pryse wat gewen kan word.

Arnold Venter van CRD sorg vir n 4×4 hindernisbaan wat venuf en tegniek tot die uiterste gaan beproef. Die span van die 4×4 Challenge, met hul spesiaal geboude monsters, gaan vir baie pret en presier sorg.

Saterdagoggend 31 Mei om 07:30 sal die pretloopdeelnemers wegspring. Die item word aangebied deur die Alberton CMR. Daar is weer eens ‘n interessante roete van ongeveer 5km uitgelê. Of jy een of twee rondtes daarvan wil doen, die keuse is joune.

Die bergfietswedren vind ook plaas op Saterdag 31 Mei en word aangebied deur Leeuwenhof Akademie. Die wegspringtyd is om 08:00 vir die 30km wedren en 08:15 vir die 15km wedren. Die wegspring is op die Meyerplaas, waarna deelnemers oor die koppies ry, in die Meyersdal Eco Estate in vir die grootste deel van die wedren. Die eindpunt is weer terug op die plaas. Om 08:30 spring die kleiner kinders weg vir ‘n 1.5km roete op die plaas self. Daar is groot pryse op die spel vir die verskillende fietswedren-items.

Die windbuks-skyfskietbaan word beman deur die manne van SA Jagters. met gekwalifiseerde skietbaaninstrukteurs wat daar diens doen. Jy sal kan skyfskiet op beide dae. Daar is ook baie pret en vermaak vir die kinders. Dit sluit rekspring, groot glybane en kloutermure in. Met al hierdie aktiwiteite gaan die honger en dors beslis groot wees. Die 25 verskillende kosstalletjies beloof om iets te bied vir elkeen se smaak en die Watergat is waar jy jou dors gaan les.

Vir meer inligting skakel gerus 011 869 0001 of besoek ons by www.klipkoppiefees.co.za

Om ‘n kans te staan om ‘n stel van 4 kaartjies te wen,  vertel vir ons in die ‘comment’ boks hieronder hoeveel verskillende 4×4 items word aangebied by die Klipkoppiefees hierdie jaar?

Die wenner sal gekontak word deur e-pos die 28ste May.

Related Articles

2 Comments

  1. Daar word 3 4×4 items aangebied.n baie goeie fees wat ek nie sal mis nie.

  2. Daar is drie verskillende 4×4 items wat aangebied word. Asb kan ek wen my kids sal dit so geniet.

Back to top button