Kersmark

Kersfees is om die draai en dit is tyd dat jy aan die kerskouse begin dink!

KOM doen al jul Kersinkopies op Saterdag 2 November by die NG kerk Brackenhurst, hoek van Hennie Alberts- en Leverstraat, Brackenhursts

Die mark begin reeds om 09:00 en daar gaan beslis iets vir almal daar wees om hul kerskouse mee te vul.

Bring die kleinspan en laat hulle bajlaar op die waterglybaan en ander vermaaklikhede en kry sommer iets vir die hongerpyne en die dors.

Jy kan jou dag se inkopies afsluit met ‘n gesellige saamkuier en dans die aand.

Vir meer inligting of indien jy ook ‘n stalletjie wil bespreek, kontak gerus die skriba, Annemarié Venter 011 867 3623 of 082 886 7223.

Exit mobile version