Alberton Aftree-Oord bederf

Los die kosmaak hierdie Vrydag en kom kuier saam om wegneemetes onder die lapa!

‘n Lekker bederfnaweek is weer in die vooruitsig. Alle moeders kan vir die naweek kos koop by die bekende Wegneemete by Alberton Aftree-Oord op Vrydag, 4 Oktober vanaf 15:00.

Daar gaan ook weer ‘n Kersmark in die saal wees. Indien u ‘n tafel vir uitstalling wil bespreek, kontak Willemien by 011 907 1628 of 082 688 1910.

Heerlike smullekker geregte, onder andere die alombekende pannekoeke, kerrie-en-rys, vetkoeke, boereworsrolle, ribrolle, jaffels, en nog meer sal deur die reeds bekende “A-Team” te koop aangebied word.

Bestellings kan vooraf geplaas word by Betty van der Merwe 083 737 0904.

Kom kuier sommer die aand gesellig saam met vriende en familie in die lapa waar daar ook ‘n kontantkroeg beskikbaar sal wees.

Kom ondersteun asseblief die Alberton Aftree-Oord se fondsinsamelingsprojek, Kritzingerweg 45, Florentia (Telefoon 011 907 8641).

Exit mobile version