Local sportSport

President looi nabye bure

GLRU Middelskole ligawedstryd tussen Hoërskool President High en Alberton High School het vir vele opwinding gesorg.

DIE eerstespan van Hoërskool President High School het vir groot opwinding gesorg toe hy sy eweknie van Alberton, Alberton High School, met 29-15 geklop het tydens die Goue Leeus Rugby Unie (GLRU) Middelskole ligawedstryd. Die wedstryd is Saterdag 21 Mei op Emirates Airline Park gespeel.

Die manne van die suide het nie op hul laat wag nie en behoorlik ingeklim om na ’n skrale vyf minute reeds oor te duik vir hul eerste van vyf drieë. Die tweede drie het kort daarna in die vyftiende minuut gevolg toe senter Mandla Tshabalala langs die kantlyn genael het om sy span se tweede drie aan te teken. Hy het sy driekuns in die tweede helfte behaal toe hy weer eens oorgeduik het.

Donavan du Toit het twee van die vyf drieë verdoel.

President se eerstespan spog nou met twee oorwinnings in die liga na hul ook vroeër Carletonville pakslae gegee het. Die span sal nog twee wedstryde in die liga speel voordat die eindstryd in die liga gespeel word.

Related Articles

Back to top button