Local newsNews

Randhart bak Cupcakes for Cancer

Oktober was Borskankerbewustheidsmaand.

Jy kan maar gerus met enigiemand praat wat al kanker gehad het. Hulle almal het ’n storie om te vertel.

Op 22 Oktober het die Ranties “cupcakes for cancer” gebak en amper elke leerder van Randhart het ’n kolwyntjie gekoop.

Die ongeveer 1 200 kolwyntjies is deur meer as 60 van die Rantie-mammas gebak. ’n Pragtige bedrag is ingesamel en geskenk aan mense wat in ’n kankerstryd gewikkel is.

Laerskool Randhart het omtrent 1 200 kolwyntjies gemaak om geld intesamel vir mense gewoed in die stryd teen kanker. Foto: Verskaf.

“Dit was wonderlik om soveel pienk te sien vir ’n saak wat só belangrik is vir vroue oral in die wêreld,” het een Rantie-ouer gesê.

Nuwe navorsing, ontdekkings en behandeling, wat jaarliks die lig sien, bring hoop en uitkoms vir dié wat dit nodig het. Dankie aan elke Rantie leerder en ouer wat met oorgawe en entoesiasme deel was van hierdie mooi gebaar van hoop.

Geskryf deur Christiaan Höll, Laerskool Randhart leerder

Related Articles

Back to top button