Local sportNewsSchoolsSport

Rooi Bulle wen eerste Beeld Trofee

Hoërskool President High het na ’n titaniese stryd met die Beeld Trofee weggestap.

DAT daar nog verskuilde rugby talent in die Suide is, was regstreeks bewys toe die Rooi Bulle van Hoërskool President High na ’n titaniese stryd met die Beeld Trofee vir middelskole weggestap het.

Die Suide se ramkatspan het op Saterdag, 22 Augustus, Pretoria Technical High School 17-10 in die eindstryd geklop.

Die Rooi Bulle se uitmuntende verdediging dwarsdeur die reeks en ook in dié eindstryd het die tuisspan onder druk geplaas en sodoende toegelaat dat President se eerstes geskiedenis maak deur hul eerste Beeld of Administrateursbeker in te palm.

Die vorige President spanne wat mededingende trofeë gewen het, was die o.15 span wat die Kleinskole beker in 2006 verower het en die o.14 en o.16 spanne wat in 2007 die Mediumskole beker beklink het.

Die Rooi Bulle se suksesvolle seisoen het afgeskop met die span se ses wenne in sewe ligawedstryde om na die Leeus half- en eindstryd deur te dring.

Die afrigters van die huidige eerstespan is Monty Benadie, Johan Fourie en Hein Benadie.

Kenny Weimers en Chesney Jafta se drieë is deur Jeandre Mare verdoel. Jeandre het met een strafskop geslaag.

Pretoria Technical High School se punte het met een verdoelde drie en ’n strafskop gekom.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button