Local newsNews

Silwerkroon: Stem vir dié Walkerville finaliste

Vir 26 jaar sien Gert en Dollie Smith al om na behoeftige bejaardes in hul gemeenskap. Die paartjie het begin met ’n paar mense wat by hulle ingewoon het. Tans sien hulle om na meer as 40 bejaardes. Stem vir dié paartjie van Walkerville om die Silwerkroon kompetisie van Solidarteit te wen.

ALBERTON- Gert en Dollie Smith, is ’n paartjie van Walkerville met ’n onmeetbare passie en toewyding vir hul medemens.

26 jaar gelede het Gert en Dollie hul harte en huis oopgemaak vir behoeftige bejaardes en nooit terug gekyk nie, selfs toe hulle hul huis moes uitbrei om aan die groeiende behoefte te kon voldoen.

Vandag is daar meer as 40 bejaardes in hul huis, twee siekeboeë en voltydse versorgers.

Dollie ontvang nou self mediese hulp, maar sien steeds om na die nood van die bejaardes om haar.

Dollie en Gert ontvang geen finansiële hulp van die staat af nie en skenkings vanuit die gemeenskap hou dié paartjie se werk elke dag aan die gang.

Solidariteit Helpende Hand vereer diegene ouer as 60 jaar wat steeds ’n beduidende verskil in hul gemeenskap maak, met ’n Silwerkroon toekenning. Gert en Dollie is tans op die kortlys om juis só ’n toekenning te ontvang.

Toon jou ondersteuning aan twee onbaatsugtige persone deur ’n SMS te stuur met die word “Kroon 1” na 38969. SMSe kos R10 en al die gelde sal ten bate van jou finalis se projek aangewend word. Die wenners word in September aangewys.

Bel gerus vir Solidariteit Helpende Hand by 0861 25 24 23 vir meer inligting en of stuur n e-pos na diens@helpendehand.co.za

Related Articles

Back to top button