EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Klugspel goed vir lagspiere

Die klugspel is goed vir die lagspiere.

Een van Cooney se baie suksesvolle Londense West End klugte en word deur Lefra Produksies aangebied.
Die klugspel My Vrou Se Man Se Lyk Se Tas is tans op die planke by Emperors Palace se Marcellus Teater vanaf 15 tot 27 Oktober.
Peet van Rensburg het die vertaling en verwerking gedoen en Frans Swart is die regisseur.

Henry Perkins, `n tipiese voorstedelike rekenmeester, ruil op die trein per ongeluk sy tas met die van `n ander man om net om uit te vind dat die tas `n klein fortuin bevat £735 000. Voorsienbaar gryp die onvoorsiene in en wat volg is `n dolle vaart van histeriese humor.
“Ons gaan nog die opvoering by talle teaters voor die einde van die jaar opvoer,” het Van Niekerk gese. “Dit is ‘n uitstekende stuk en almal van ons geniet dit geweldig. Dit is ook natuurlik baie harde werk, maar ek dink dat dit baie goed afgerond is.”

Chris van Niekerk speel die hoofrol, Henry Perkins, wie die tas met die vreeslike klomp geld omruil.
Amalia Uys, baie bekend vir haar gewilde karakter, Sanmari van Graan in SewendeLaan, keer terug verhoog toe in My Vrou Se Man Se Lyk Se Tas as Betty Johnson.

Ander spelers is Lulu Botha (Jean Perkins), Paul Lückhoff (Speurder Davenport), Duncan Johnson (Bill), Chris van Rensburg (Vic Johnson), Botha Enslin (Speurder Slater) en Phillru van Achterbergh (Mr Big).

Frans Swart sê .“Ons het van die beste spelers in Suid-Afrika nader gehark om in die nuwe klug te speel. Almal akteurs met ongelooflike lekker komiese aanvoeling. Ek is veral ook opgewonde om hierdie splinternuwe klug aan te pak. Ek dink dat Emperors palace kry ‘n goed gepoleerde verhoogstuk, want ons is al besig met die stuk van die begin van die jaar.”
Besprekings by Computicket 0861 915 8000. Groepe meer as 10 @ afslagpryse: Natasha (011) 815 3000 of admin@lefra.com Meer inligting by www.myvrou.co.za. Om My Vrou Se Man Se Lyk Se Tas vir jou organisasie te bespreek, skakel Charl Senekal by (011) 815 3000 of epos hom aan info@lefra.com

Related Articles

Back to top button