EntertainmentLifestyle

Hoogtyd – Steve Hofmeyer en Juanita du Plessis

Steve Hofmeyer en Juanita du Plessis vir die eerste saam op die verhoog in Hoogtyd.

DIS ‘Hoogtyd’ dat Steve Hofmeyer en Juanita du Plessis saam optree.

Die twee gewilde Afrikaanse sangers het uiteindelik saam opgetree. In Hoogtyd tree die twee sangers saam in die Big Top Arena, Carnival City oor drie aande op en betower meer as 10 000 entoesiaste met hul bekende liedjies.

Die twee musieklegendes het in drie optredes van 30, 31 Mei en op 1 Junie hul ondersteuners met hul eie liedjies vermaak en ook persoonlike gunstelinge van ander sangers gesing. Albei het ook in die verlede gaan kuier en herinneringe teruggebring om die gehoor vir meer as twee ure elke aand besig te hou.

Die konsert, wat ‘n orkes ingesluit het, is ‘n keurspel van albei se loopbane op die verhoog en is op uiters professionele wyse aangebied. Met meer as 4.5 miljoen CD’s altesaam deur albei verkoop, is die konsert in alle opsigte ‘n geskiedkundige een.

Jare lank al wil mense hulle saam op die verhoog sien, en nou vir die eerste keer het dit gebeur. Albei sangers is in eie reg twee van die gewildste verhoogkunstenaars in Suid-Afrika, nie net onder die Afrikaanse publiek nie, maar ook onder ander landsgenote.

Juanita is ‘n SAMA-wenner in die kategorie van Beste Afrikaanse DVD met haar tiende Jaarlikse Platinum gewildste liedjies. Haar loopbaan strek oor meer as tien jaar. Jy voltooi my was ook die gewildste Beste Pop Album in 2013.

Multi-talentvolle Hofmeyr is ook ‘n SAMA-wenner in Beste Verkoop Suid-Afrikaanse Kunstenaar van die Jaar. Hy het reeds talle pryse in sy loopbaan as kunstenaar opgeraap.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button