EntertainmentLifestyle

Saarkie se nuwe album, Reisiger

Met Reisiger vestig Saarkie hulself stewig in die rock-genre in Suid-Afrika na die sukses van Luister (2009) en hul tweede album, Identiteit, wat in Maart 2011 uitgereik is.

SAARKIE, die meisies rockgroep, se nuwe enkelsnit van hul derde album, Reisiger, word vandeesweek landswyd aan radiostasies in Suid-Afrika uitgereik.

Dullstroom, die eerste enkelsnit op dié album is op 20 Oktober, 2014, uitgereik en het groot opspraak in die musiek- en mediawereld gemaak. Daarna is die tweede enkelsnit, Somerjare in Februarie 2015 uitgereik, en is ook landswyd op radio versprei. Dié liedjie se musiekvideo het ’n eksklusiewe debuut op kykNET se Jukebox op 7 Maart, 2015, gemaak.

Met Reisiger vestig Saarkie hulself stewig in die rock-genre in Suid-Afrika na die sukses van Luister (2009) en hul tweede album, Identiteit, wat in Maart 2011 uitgereik is. Reisiger bestaan uit 13 liedjies en sluit onder meer Afrikaland, Freefalling, Vroue van Afrika, Reisiger, Chuck Norris, Trust, One Love, Dullstroom, My Jeug, Kamers van My Hart, Ai My Lam en Nader aan My in.

Oor Reisiger, sê dié trio: “Ons as Saarkie is baie trots en opgewonde om terug te kan kyk op die harde werk en moeite wat almal ingesit het om van ons derde album, Reisiger, ’n sukses te maak. Dit was ’n ongelooflike ervaring en ’n leerskool wat ons deur diep waters gevat het, maar ook gemotiveer het om hard te werk en dinge op te offer vir wat jy in die lewe wil hê. Ons album gaan oor die reise van die lewe asook die reise na die plekke wat soveel stories en herinneringe in ons harte ingekerf het.

“Dit is so lekker om ons passie te kan uitleef en dit in ons liedjies met die mense te deel. Die skryf van die album het baie tyd en moeite gekos en almal wat bygedra het, het met hart en siel aan die album gewerk. Ons is baie dankbaar vir die ongelooflike span wat agter ons staan.”

Die gewilde groep bestaan uit Adèle Fouché (hoofsanger, kitaar en mondfluitjie), Lila Botha (dromme en agtergrondstem) en Lourene Mostert (baskitaar, klawerbord en agtergrondstem). Saarkie is nou in Pretoria gevestig, maar Adele en Lila is oorspronklik van Boksburg en is al sedert kleuterskool vriendinne. Hulle was saam op Laerskool Baanbreker en vandaar saam na Hoërskool Dr. EG Jansen. Lourene se wortels lê in Centurion, maar voor dit het sy in Messina gewoon.

Saarkie pas op elke aspek van musiek skryf tot die uitvoering daarvan hul eiesoortige en kenmerkende styl toe en al drie lede is gegradueerde en professionele musikante.

Related Articles

Back to top button