High SchoolKids

Kuswag Skool behaal 100% slaag syfer

‘n Vak wat uitblink is Drama met 11 ingeskrewe kandidate en 11 onderskeidings.

DIE Kuswag-gemeenskap het hoë verwagtings van die 2020 matrieks gekoester en dit was met groot afwagting dat die skool die NSS-uitslae ingewag het.

Hierdie verwagting het nie beskaam nie, want die 67 kandidate wat die eksamen afgelê het, het ‘n 100 persent slaagsyfer behaal. Kuswag is baie trots op die matrieks.

Die skool is ook opreg trots daarop dat hierdie kandidate die beste algehele uitslae van die afgelope vyf jaar behaal het.

Rita van Rouendal.

Die dux leerder is Rita van Rouendal met ‘n gemiddelde persentasie van 86 persent. Sy het nie minder nie as 10 vakke geneem en het sewe onderskeidings en drie B-simbole behaal.

Drie ander leerders het ook 80 persent gemiddeld behaal, naamlik Kayla Els (81 persent met vier A-simbole), Karla Hendriks (81 persent met vier A-simbole) en Karma Lewis (80 persent met vier A-simbole).

Van die 67 kandidate het 84 persent vir graadstudie gekwalifiseer. Die kandidate het algeheel 76 A-simbole vir vakke behaal terwyl ‘n groot groep ook met ‘n B-simbool in verskeie vakke kan spog.

‘n Vak wat uitblink is Drama met 11 ingeskrewe kandidate en 11 onderskeidings.

Kuswag Skool se Wiskunde departement het ook ‘n fantastiese vyfde posisie behaal in die algehele Umlazi Distrik. Dit plaas die skool eerste vir Wiskunde in die Amanzimtoti streek.

Kuswag se slaagsyfer vergelyk uitstekend met nasionale uitslae in die sogenaamde ‘gateway’ vakke. Hierdie is die gewilde (en ook moeilike) vakke wat dikwels toelating  tot tersiëre onderrigkursusse ondersteun.

Daar is 11 vakke in hierdie kategorie en Kuswag bied 9 van hulle aan.

Vergelykende slaagsyfers per vak in 2020 is soos volg:

Die skoolhoof, beheerliggaam en vele ouers het hulle dank en waardering teenoor die personeel en kandidate uitgespreek vir die ure en maande van harde werk en toewyding.

Die jaar 2020 was vir niemand maklik nie, en veral die Matrieks en hulle onderwysers moes moeilike uitdagings die hoof bied.

Kuswag leerders het die taak met passie aangepak en uitslae behaal waarop die skoolgemeenskap opreg trots is.

 

DID YOU KNOW?

Click on the words highlighted in red to read more on this and related topics.
To receive news links via WhatsApp or Telegram, send an invite to 061 694 6047
The
South Coast Sun is also on Facebook, Twitter, Instagram– why not join us there?

Do you have more information pertaining to this story?
Feel free to let us know by commenting on our Facebook page or you can contact our newsroom on 031 903 2341 and speak to a journalist.

(Comments posted on this issue may be used for publication in the Sun)

Related Articles

Back to top button