Pitkos vir my siel – Mylpale

Tyd loop egter so vinnig dat voor ons ons kan kry, bevind ons ons in die middel van die jaar met meeste van die voornemens vergete.

Ons staan nog in die eerste fase/helfde van die nuwe jaar 2014. Wanneer ons ‘n ou jaar afsluit en oorstap na ‘n nuwe jaar neem ons sekere nuwe besluite, Baie van ons het allerhande nuwejaars-voornemens gemaak maar ons dwing nog om te fouteer, vergeet so maklik van hierdie nuwe voornemens. Tyd loop egter so vinnig dat voor ons ons kan kry, bevind ons ons in die middel van die jaar met meeste van die voornemens vergete.

By die bereiking van so ‘n mylpaal soos die einde van ‘n ou jaar en die begin van ‘n nuwe jaar, kyk ons onwillekeurig eers agtertoe, terug na die amper sopas afgelope ou jaar 2013. Miskien weet ons van suksesse wat ons deur die genade en hulp van die Skepper kon bereik; laat ons dan daarvoor in alle beskeidenheid dankbaar wees en die dank gee an Hom wie dit toekom. As ons egter eerlik terugkyk, sal ons ook weet van mislukking; van geleenthede wat ons onbenut gelaat het. Nou is dit te laat om ons te verknies daaroor, want soos die spreukwoord sê: “Met die water wat verby is, sal die watermeul nooit weer maal nie”.

Dus bly daar maar net een uitweg oor – om te bely en vergifnis te verkry. Watter wonderlike les kan ons egter nie leer deur eerlik terug te kyk nie. Ons kan die foute van die verlede gebruik om ons te inspireer en te rig vir die toekoms. Dan kyk ons vorentoe; na die nuwe jaar wat eintlik al 4 maande oud is. Ons vra ons onwillekeurig af wat die res van hierdie jaar ons sal bied; Voorspoed of teenspoed? – Lief of leed?

Ons weet nie; ons weet net dat niks so seker is soos die onsekere nie. Ons voel selfs met reg bang, want ons is miskien bewus van groot knope wat ons sal moet deurhaak. Ons luister met bekommerde harte en kwelling na die terrein van internasionale spanning; van onluste in ons land, rondom ons en stygende brandstof en voedselpryse. Ons soek almal na gerusstelling en sekerheid om ons te kalmeer en gerus te stel; maar, waar vind ons dit? Die antwoord is net op een plek, nl. Die Woord van God.

Omdat Jesus leef sien ons kans vir die toekoms. ………… Gewapen met hierdie versekering van die Here, kan ons altyd die onbekende met vertroue tegemoet gaan. Daar sal in hierdie jaar wat voorlê Hoogtes en Laagtes wees. Die Here weet hoe nadelig dit vir die mens sal wees om NET hoogtes te belewe, maar as ons Sy helder lig voor ons op die pad sien, sal daardie Lig ons lei deur die helder dag sowel as deur die donkerste nag! Sien in Sy Woord: “U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad (Ps.119:105)”, Miskien ontmoet jy ‘n medereisiger wat daardie lig nie ken nie; probeer dan om hom/haar van die lig te vertel en hom/haar te inspireer om ook sodoende ‘n helderder toekoms tegemoet te gaan! Laat ons dus ons kanse en geleenthede wat ons in die lewe kry benut en deur God se hulp, dit kenmerk as Mylpale is ons lewe!

Omdat Jesus leef, sien ek kans vir more!

Exit mobile version