My Minnebrief aan Jesus

Ietsie extra vir "Pitkos vir my Siel" - gedagtetjies om uit te druk hoe dankbaar ons is vir die Prys wat HY vir ons betaal het!

 

Here Jesus, Liefling van my siel!

Waar sou ek wees as ek U nie kon vind?

U wat altyd sê: “Hier is Ek, My kind!”

 

U is my Pappa, my Vriend en Gids,

As ek nie weet waar ek my bevind!

 

U is die Alfa en die Omega;

In my nood, kan ek na U gaan

 

U is die lig op my pad, en ek weet,

U sorg vir my, elke dag!

 

U is die Skepper van die Groot Heelal!

Na U kan ons opkyk wanneer ons val!

 

U genees ons wonde en U droog ons trane;

U, Heer en God, ons troue Vader!

 

Ek wil U lof besing; U naam hulde bring!

Want ek is U kind, deur Genade tot hier gebring!

Exit mobile version