Local newsNews

#50YearsAgo Die ‘cardboard college’ se trots

Op 6 Desember, 1976 begin die groot trek vir standerd twee tot tien leerlinge na die nuwe gebou.

HOERSKOOL Kuswag (destyds Hoërskool Amanzimtoti), het amptelik op 19 Januarie, 1970, met ‘n leerlingtal van 300 (klas een tot standerd ses) geopen.

Die personeel het bestaan uit 14 onderwysers met mnr CJH Bornman as die eerste hoof. Die leerlinge is in voorafvervaardigde opslaanklaskamers gehuisves
wat teen ‘n koste van R88,000 opgerig is.

Spoedig is daar spottenderwys na hierdie kompleks as die “Cardboard College” verwys. Die firma wat die stoele en lessenaars moes aflewer, het versuim om dit betyds te doen, met die gevolg dat die leerlinge die eerste dag op die grond moes sit.

Op 10 Mei, 1972, is die naam “Hoërskool Kuswag” goedgekeur. Teen die einde van 1973, het die leerlingtal soveel gegroei dat ruimte beperk was.

As gevolg hiervan het die Departement besluit om eerste fase-leerlınge, wat suid van die Klein Amanzimtoti-rivier woon, na die Junior Primêre Skool by Illovo te stuur. Hierdie reëling het bly staan totdat die primêre skool aan die einde van 1985 gesluit het.

In 1974, het Hoërskool Kuswag sy eerste matriek klas gehad. In dieselfde jaar word ‘n begin gemaak met die voorbereiding van die terrein waar die permanente
skoolgebou opgerig sou word.

 

DID YOU KNOW?

Click on the words highlighted in red to read more on this and related topics.
To receive news links via WhatsApp or Telegram, send an invite to 061 694 6047.
The
South Coast Sun is also on Facebook, Twitter, Instagram – why not join us there?

Do you have more information pertaining to this story?
Feel free to let us know by commenting on our Facebook page or you can contact our newsroom on 031 903 2341 and speak to a journalist.

(Comments posted on this issue may be used for publication in the Sun)

 

Related Articles

Back to top button