Local newsNews

ATKV besoek Noord-Natal slagvelde

Die groep se besoek aan Ishandlwana en Rorke’s Drift was een van die hoogtepunte.

DIE plaaslike ATKV-tak het onlangs ‘n baie suksesvolle toer na die slagvelde van Zululand onderneem.

Verlede jaar het hulle die Noord-Natal slagvelde besoek.

Koning Shaka se graf op KwaDukuza is besoek, asook die die krale van Dingaan en Cetshwayo.

Die groep se besoek aan Ishandlwana en Rorke’s Drift was een van die hoogtepunte. 1,300 Engelse soldate het hier gesterf toe hulle deur 24,000 Zulu-krygers aangeval was. Met die slag van Ulundi, wat ook besoek was, het die Engelse wraak geneem en Cetshwayo se mag gebreek. Die toer was afgesluit met ‘n besoek aan Piet Retief en 70 Voortrekkers se grawe by Dingaanstat.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button