NewsSchools

Skool kinders verower pryse in Wolf Army spelkompetisie

“Ons spits ons tans toe op die swartrug jakkals en rooikatte in SA,” sê Kennard.

KUSWAG Skool het onlangs ’n spelkompetisie gehou ten bate van die Wolf Army wat hulle beywer vir die beskerming en hervestiging van roofdiere en veral wolwe (canis lupis) in Suid-Afrika.

“Ons spits ons tans toe op die swartrug jakkals en rooikatte in SA,” sê Kennard.

Die Wolf Army onder die leierskap van Vincent Kennard het die kinders vermaak en ingelig oor die ekosisteem en die belang van roofdiere. Kuswag Skool se leerders het met die spelkompetisie ’n bedrag van R13,000 ingesamel vir die projekte.

Die algehele wenners was Vincent Viljoen in graad 4 en Maryna Badenhorst in graad 6. Hulle het pragtige geborduurde Wolf Army T-hemde ontvang as prys.

Die leerders wat die meeste geld ingesamel het per graadgroep was Eben de Witt, graad 4; Jessica Pittout, graad 5; Caylan Dunn, graad 6 en Anisha Hoffman, graad 7. Hulle het elkeen ’n pet gekry van die Wolf Army.

Vir meer inligting oor die Wolf Army kan Vincent Kennard gekontak word by vincent@thewolfarmy.com.

Related Articles

Back to top button