LettersLocal newsNewsOpinion

Verbied harde musiek in Beachweg en Kingsway

Kan die taxis en motors nie verbied word om in Beachweg en Kingsway geen harde musiek te speel nie?

REDAKTEUR – Ek vra namens die inwoners van die woonstelle op die hoofstrand, en naby die hoofstrand van Toti dat julle ons moet bystaan asseblief.

Die musiek wat ons as inwoners oor die vakansie tye moet verduur is iets afgryslik.

Die strand speel musiek, Thristy Wales, Splash by die braai area. Hoe moet die mense wat woon in die area al hierdie musiek hanteer? Dan kom die taxis en motors met hulle eie doem-doem musiek. Hoekom moet duisende ander mense straf verduur?

En dit terwyl vakansie gangers self nie eens die musiek geniet nie. Kan hierdie besighede nie gemaan word om na hulle musiek volumes om te sien nie? Kan die taxis en motors nie verbied word om in Beachweg en Kingsway geen harde musiek te speel nie?

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button