Local newsNewsSchools

Geniet waterkaskenades saam met rugby span

Die span is besig om geld in te samel vir hierdie eerste in die geskiedenis van Kuswag Skool.

KUSWAG Skool se eerste rugbyspan toer volgende jaar na Portugal vir ‘n internasionale toernooi. Om geld in te samel gaan hou die rugby span die ‘n gebeurtenis vol pret vir die hele familie.

Die oefengroep is reeds aangewys en is reeds hard aan die oefen vir die groot droom. Die span is besig om geld in te samel vir hierdie eerste in die geskiedenis van Kuswag Skool. Die span nooi een en almal van Amanzimtoti om Saterdag, 1 November by Hutchison Park aan heerlike waterkaskenades te kom deelneem van 9vm tot 3nm. Dit kos slegs R100 per persoon om die hele dag te baljaar. KZN inflatables is een van hul borge wat die span ondersteun.

Enige ander persoon of besigheid wat wil help met borgskappe en donasies vir die toer kan Mnr Herbst kontak by 082-300-1852.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button