LettersLocal newsNewsOpinion

Pad woede in Toti

'n Jong man het sy passasiers venster af gedraai en opsetlik probeer om ons kantspieël af te breek of te beskadig - wat hy ook deels reggekry het.

REDAKTEUR – Aan jong blanke man, insittende van ‘n swart Tata met die registrasie nommer wat begin ND683. Ek wil graag vir jou sê jou gedrag was uiters sleg en onaanvaarbaar.

Ek en my man was oppad na ons tuiste met ‘n BMW naby die gemeenskap saal in Toti op Sondag, 8 Junie om 10.40vm toe on sien dat mense besig is om die rivier skoon te maak as gevolg van die hyasinte. Ons het ‘n bietjie spoed verminder om oor die brug te kyk toe die voortuig agter ons sy toetter druk. ‘n Dame het bestuur. Die swart Tata voertuig het langs ons inbeweeg.

‘n Jong man het sy passasiers venster af gedraai en opsetlik probeer om ons kantspieël af te breek of te beskadig – wat hy ook deels reggekry het.

Ek wil net vir hom sê: jong man kyk na jou gedrag. Volgende keer gaan jy dit doen en die person in die ander voertuig gaan dalk ook aggresief raak, jou ‘n opstopper gee of ‘n vuurwapen uitpluk en jou of jou geliefdes afmaai. Het jy dalk gedink wat ‘n BMW kantspieël kos? Dis ons aftree motor en ons het hard gewerk daarvoor.

Volgende keer mag jy dalk nie so gelukkig wees nie. Gelukkig vir jou was ons nie aggresief nie. Dink voor jy dit weer doen. Ek en my man was geskok oor jou optrede.

 

Related Articles

Back to top button