Local newsNews

Opwindende getuienis vir Dameskring

Die vertrekpunt van Amcup is dat verslawing net deur die krag van Jesus Christus verbreek kan word.

OP Dinsdagaand, 4 Maart het die lede van Dameskring na ’n opwindende getuienis van Nico van Rensburg geluister.

Hy is die stigter van ‘Amanzimtoti Community Upliftment Project’ of Amcup. Amcup is hier in ons midde in Illovo regoor die Karridene Hotel geleë. Mnr Van Rensburg het hierdie sentrum in 2003 gestig as ’n geloofsonderneming. Die kerndoel is om verslaafdes te rehabiliteer. Die vertrekpunt van Amcup is dat verslawing net deur die krag van Jesus Christus verbreek kan word. Die rehabilitasie sluit ’n lewensvaardigheidskursus wat ses maande duur in en hulle het ’n hoë suksessyfer. Nico skryf die sukses slegs toe aan God se genade.

Amcup se bedrywighede het egter toegeneem en sluit tans ook skuiling en voeding vir werklose en hawelose mense in en hulle slaag daarin om met die hulp van ander organisasies meer as 9,600 mense per maand te voed. Hulle is ook by groot werkskeppingsprojekte betrokke en ondersteun opgeleide werkloses om weer tot die arbeidsmag toe te tree. Die Dameskringlede het opnuut bewus geword van die nood en opheffingswerk hier in ons midde. Besoek hulle gerus www.amcup.co.za/index.html en raak betrokke.

Tydens die vergadering is Isolde Behrens ook as ’n nuwe lid verwelkom, ’n aanwins vir die organisasie. Enige dames wat belangstel om aan te sluit kan vir Ester Carstens skakel by 082-414-8374082-414-8374. Die gasvrouens was Joan Breed, Amanda le Roux en Flo Erasmus.

Call
Send SMS
Add to Skype
You’ll need Skype CreditFree via Skype

Related Articles

Back to top button