Local newsNews

Skryf ‘n treffer liedjie uit jou pen en wen

IS jy ‘n liedjieskywer van formaat? Hier is jou kans om ‘n treffer te skryf.

music

Die ATKV nooi alle amateur liedjieskywers van alle ouderdome om deel te neem aan ATKV- CrescendoKreatif kursus.
Die kursus is al reeds meer as twintig jaar aangebied deur die ATKV. Amateur liedjieskrywers kan hul nuutgeskrewe werke op ’n CD aan die ATKV stuur. Daar is geen tema vir vanjaar se kompetsie, so haal uit jou pen en skryf jou eie ‘Pampoen’, ‘Liefling’ of ‘Ruiter van die Windjie.’
Inskrywings vir die kompetisie word aan die einde van Oktober beoordeel deur ’n beoordeelaarspaneel onder leiding van Lize Beekman. Die beste liedjieskrywers word dan genooi om deel te neem aan ’n ligteliedjie werkskool by ATKV-Goudini Spa naby Worcester in die Kaap. Hierdie weeklange werkskool vind plaas van 1 tot 6 Desember. Die kursus is ’n praktiese kursus waartydens die skryf van musiek en liriek ontwikkel en geslyp word.
Die wen liedjie sal aangewys word uit die werkskool deelnemers. Vir meer inligting en om in te skryf, klik op die ATKV-webwerf by www.atkvprojekte.co.za en kies die CrescendoKreatief of skakel Morne van Staden by 011-919-9091.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button